Kruisverwysings → Genesis 12:11

En toe hy op die punt staan om Egipte in te trek, het hy met sy vrou Sarai gespreek: Kyk, ek weet dat jy ’n vrou is mooi van aansien.

mooi van aansien

Genesis 12:14
Toe Abram dan in Egipte gekom het, sien die Egiptenaars dat die vrou baie mooi was.
Genesis 26:7
En toe die manne van die plek hom na sy vrou vra, antwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou—anders sal die manne van die plek, so het hy gedink, my miskien doodmaak ter wille van Rebekka; want sy was mooi van aansien.
Genesis 29:17
En Lea het dowwe oë gehad, maar Ragel was skoon van gestalte en mooi van aansien.
Genesis 39:6-7
En hy het alles wat syne was, aan Josef oorgelaat, sodat hy met sy hulp van niks kennis geneem het nie as net van die brood wat hy geëet het. En Josef was skoon van gestalte en mooi van aansien. Ná hierdie dinge het die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my.
2 Samuel 11:2
En teen die aand, toe Dawid van sy bed opgestaan het en op die dak van die paleis wandel, sien hy van die dak af ’n vrou wat besig was om ’n bad te neem; en die vrou was baie mooi van aansien.
Spreuke 21:30
Daar is geen wysheid, en daar is geen verstand, en daar is geen raad teenoor die HERE nie.
Hooglied 1:14
My beminde is vir my ’n tros hennablomme in die wingerde van Éngedi.