CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 11:5

Toe daal die HERE neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 11:5 in konteks →

daal die HERE neer om die stad en die toring te besien

  1. Genesis 18:21

    21Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos die geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek wil dit weet.

  2. Eksodus 19:11

    11en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dag sal die HERE voor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal.

  3. Psalms 11:4

    4Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.

  4. Psalms 33:13-14

    13Die HERE kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders. 14Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,

  5. Jeremia 23:23-24

    23Is Ek ’n God van naby, spreek die HERE, en nie ’n God van ver nie? 24Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die HERE. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die HERE.

  6. Johannes 3:13

    13En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.

  7. Hebreërs 4:13

    13En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.