Kruisverwysings → Genesis 11:5
Toe
daal die HERE neer om die stad en die toring te besien
waaraan die mensekinders gebou het.
daal die HERE neer om die stad en die toring te besien
Genesis 18:21
Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos die geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek wil dit weet.
Wys meer
Eksodus 19:11
en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dag sal die HERE voor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal.
Wys meer
Psalms 11:4
Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.
Wys meer
Psalms 33:13-14
Die HERE kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders. Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,
Wys meer
Jeremia 23:23-24
Is Ek ’n God van naby, spreek die HERE, en nie ’n God van ver nie? Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die HERE. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die HERE.
Wys meer
Johannes 3:13
En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
Wys meer
Hebreërs 4:13
En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.
Wys meer