Kruisverwysings → Genesis 11:2

En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle ’n laagte in die land Sínear; en daar het hulle gaan woon.

na die ooste

Genesis 13:11
En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste getrek. So het hulle dan die een van die ander geskei.

Sínear

Genesis 11:9
Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi.
Genesis 10:10
En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear.
Genesis 14:1
EN in die dae van Ámrafel, die koning van Sínear, Aríog, die koning van Ellásar, Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal, die koning van die nasies,
Jesaja 11:11
En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see;
Daniël 1:2
En die Here het Jójakim, die koning van Juda, in sy hand gegee, met ’n gedeelte van die voorwerpe van die huis van God, en hy het hulle na die land Sínear gebring in die huis van sy god, en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy god gebring.
Sagaría 5:11
En hy antwoord my: Om vir haar ’n huis te bou in die land Sínear; en is dit klaar, dan word sy daar op haar plek neergesit.