CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 11:10

DIT is die stamboom van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpagsad geword, twee jaar ná die vloed.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 11:10 in konteks →

stamboom van Sem

  1. Genesis 11:27

    27En dit is die stamboom van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot.

  2. Genesis 10:21-22

    21En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore. 22Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpagsad en Lud en Aram.

  3. 1 Kronieke 1:17-27

    17Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpágsad en Lud en Aram en Us en Hul en Geter en Meseg. 18En Arpágsad was die vader van Selag, en Selag van Heber. 19En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en sy broer se naam was Joktan. 20En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag, 21en Hadóram en Usal en Dikla, 22en Ebal en Abímael en Skeba, 23en Ofir en Hawíla en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan. 24SEM, Arpágsad, Selag, 25Heber, Peleg, Rehu, 26Serug, Nahor, Tera, 27Abram; dit is Abraham.

  4. Lukas 3:34-36

    34die seun van Jakob, die seun van Isak, die seun van Abraham, die seun van Tera, die seun van Nahor, 35die seun van Serug, die seun van Rehu, die seun van Peleg, die seun van Heber, die seun van Sela, 36die seun van Kainan, die seun van Arpágsad, die seun van Sem, die seun van Noag, die seun van Lameg,