Seba
- Psalms 72:10
10Die konings van Tarsis en van die eilande sal geskenke aanbied, die konings van Skeba en Seba belasting aanbring.
Háwila
- Genesis 2:11
11Die naam van die eerste is die Pison. Dit is hy wat om die hele land Háwila loop waar die goud is.
Skeba
- 1 Konings 10:1
1EN toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor in verband met die Naam van die HERE, het sy gekom om hom met raaisels op die proef te stel.
- Esegiël 27:22
22Die koopmans van Skeba en Raëma, hulle was jou koopmans; die fynste van allerhande speserye en allerhande edelgesteentes en goud het hulle as handelsartikels aan jou gelewer.
Dedan
- Jesaja 21:13
13GODSPRAAK teen Arabië. In die bos in Arabië moet julle vernag, karavane van die Dedaniete!
- Esegiël 27:15
15Die kinders van Dedan was jou koopmans, baie kuslande die handelsgebied wat tot jou beskikking gestaan het; olifantstande en ebbehout het hulle aan jou as betaling gebring.