Die seuns van Gam was: Kus en Misráim, Put en Kanaän. En die seuns van Kus was: Seba en Hawíla en Sabta en Raéma en Sábtega; en die seuns van Raéma was: Skeba en Dedan. En Kus was die vader van Nimrod; hý het begin om ’n geweldenaar op die aarde te wees. En Misráim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en die Naftuhiete, en die Patrusiete en Kasluhiete—waaruit die Filistyne voortgekom het—en die Kaftoriete. En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete, en die Hewiete en Arkiete en Siniete, en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete.
Toe het Israel na Egipte gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoef in die land van Gam. ... Dié het onder hulle sy aangekondigde tekens gedoen en wonders in die land van Gam.
En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see;