Kruisverwysings → Genesis 10:32

Dit is die geslagte van die seuns van Noag volgens hulle afstamming, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die aarde hulle verdeel ná die vloed.

geslagte van die seuns van Noag

Genesis 10:1,20,31
EN dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet—vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed. ... Dit was die seuns van Gam volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, in hulle nasies. ... Dit is die seuns van Sem volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies.
Genesis 5:29-31
en hom Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom uit die aarde wat die HERE vervloek het. En Lameg het ná die geboorte van Noag nog vyfhonderd-vyf-en-negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. So was dan al die dae van Lameg sewehonderd-sewen-en-sewentig jaar, en hy het gesterwe.

nasies

Genesis 10:25
En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan.
Genesis 9:1,7,19
EN God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. ... Maar julle, wees vrugbaar en vermeerder; wemel op die aarde en vermeerder daarop. ... Hierdie drie was die seuns van Noag; en met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners.
Handelinge 17:26
En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het,