Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras
- Genesis 10:21
21En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore.
- 1 Kronieke 1:5-7
5Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras. 6En die seuns van Gomer was: Áskenas en Rifat en Togárma. 7En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsísa, die Kittiërs en Rodaniete.
- Jesaja 66:19
19En Ek sal ’n teken onder hulle doen, en vrygeraaktes uit hulle stuur na die nasies, na Tarsis, Pul en Lud, wat die boog span, na Tubal en Jawan, na die ver kuslande wat my tyding nie gehoor en my heerlikheid nie gesien het nie; en hulle sal my heerlikheid onder die nasies verkondig.
- Esegiël 27:7,12-14,19
7Veelkleurige fyn linne uit Egipte was jou seil, om vir jou as vlag te dien; pers en purper stowwe uit die kuslande van Elísa was jou hutbedekking. … 12Tarsis het handel gedrywe met jou weens die menigte van allerhande goed: silwer, yster, tin en lood het hulle as handelsartikels aan jou gelewer. 13Jawan, Tubal en Meseg, hulle was jou koopmans; slawe en kopergoed het hulle as koopware aan jou gelewer. 14Uit die huis van Togarma het hulle perde en ryperde en muilesels as handelsware aan jou gelewer. … 19Wedan en Jawan het uit Usal aan jou smee-yster as handelsartikel gelewer; kassie en kalmoes was onder jou koopware.
- Esegiël 38:2,6,15
2Mensekind, rig jou aangesig teen Gog, in die land Magog, die vors van Ros, Meseg en Tubal, en profeteer teen hom … 6Gomer en al sy leërs, die huis van Togarma, in die uithoeke van die Noorde, en al sy leërs—baie volke saam met jou. … 15Dan sal jy kom uit jou woonplek, uit die agterhoeke van die Noorde, jy en baie volke saam met jou wat almal op perde ry, ’n groot menigte en ’n magtige leër;
- Esegiël 39:1
1EN jy, mensekind, profeteer teen Gog en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal.
- Openbaring 20:8
8en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.