Kruisverwysings → Genesis 10:16

en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete

Jebusiete

Rigters 1:21
En die kinders van Benjamin het die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdrywe nie, sodat die Jebusiete saam met die kinders van Benjamin in Jerusalem woon tot vandag toe.
2 Samuel 24:18
Daarop kom Gad dieselfde dag by Dawid en sê vir hom: Gaan op, bou vir die HERE ’n altaar op die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet.
Sagaría 9:7
en Ek sal die bloed uit sy mond verwyder en sy verfoeisels tussen sy tande uit; so sal hy dan ook vir onse God oorbly en wees soos ’n stamhoof in Juda, en Ekron soos ’n Jebusiet.