CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 10:1

EN dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet—vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 10:1 in konteks →

stamboom

  1. Genesis 2:4

    4DIT is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het,

  2. Genesis 5:1

    1DIT is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.

  3. Genesis 6:9

    9Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was ’n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.

  4. Mattheüs 1:1

    1DIE geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham:

seuns gebore

  1. Genesis 9:1,7,19

    1EN God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. … 7Maar julle, wees vrugbaar en vermeerder; wemel op die aarde en vermeerder daarop. … 19Hierdie drie was die seuns van Noag; en met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners.